Ons Roeping

Baie organisasies werk met die begrip van “visie”. Dit sou iets wees
wat vanuit die liggaam van die organisasie gebore word. Ons glo
egter dat ons “visie” nie vanuit onsself kom nie, maar ‘n roeping van
God is. Om hierdie rede praat ons eerder van ‘n roeping as ‘n “visie”.

Ons roeping lui: “Die liefde van God, vir elke mens, oor
alle grense heen”.


Dit gaan hier by NG Elarduspark in die eerste plek
oor die liefde van God wat vir almal bedoel is.
“God het besluit om met Sy volle wese in Hom te
woon en om deur Hom (Christus) alles met Homself
te versoen.
” - Kolossense 1:19-20

Ons Doelwitte

Om ons roeping te vervul, het ons doelwitte wat soos aanwysings vir ons die pad uitlê. NG Elarduspark het die volgende 5 doelwitte voor oë:
Ons eer God as die middelpunt van ons lewe.
Ons aanvaar mekaar as familie van die Here.
Ons groei om soos Christus te wees.
Ons dien mekaar met ons gawes.
Ons reik uit na 'n wêreld in nood.