Omgeegroepe

Behoort, Beleef & Belig

In ‘n wêreld waar jy voel alles verander voortdurend en dinge raak al meer onseker en elke dag het ‘n ekstra kwota druk, wil ons jou graag begelei na God se hart van liefde en omgee vir elke mens. Daarom bied ons jou/julle die geleentheid om aan 'n groep te behoort wat saam met God, vir mekaar en die wêreld kan omgee. Wanneer ons aan 'n groep behoort, help dit ons nie net om te oorleef nie, maar ook om te floreer!

Die Sosiale Sielkundige Floyd H. Allport het reeds in 1920 bevind dat om aan 'n groep te behoort, 'n persoon beter funksioneer en floreer. Hy was nie die enigste nie, die gelowiges het dit al oor die jare heen geglo! Psalm 133 verwoord iets hiervan, asook vele ander tekste.

Administrasie

Laai die nuutste gespreksgids af

Laai hier die nuutste gespreksgids af om in jou groep te bespreek.

Word deel van 'n Omgeegroep

Ons help jou om 'n gepaste omgeegroep te vind! Vul hierdie Google Vorm in as jy ook aan 'n groep wil behoort.

Hoe funksioneer 'n omgeegroep?

Mense het verskillende behoeftes en daarom is daar verskillende groepe! Elke groep is eintlik uniek, maar daar is 'n paar eienskappe wat elke groep met die ander deel. Party groepe kom weekliks bymekaar, ander tweeweekliks en ander een keer 'n maand. Binne die groep deel die mense hulle lewensstories met mekaar, luister na mekaar, lees die Bybel saam en bid vir mekaar om ook God se stem hoorbaar te maak.

Elke omgeegroep word begelei deur 'n gasheer of gasvrou. Al wat dit van jou vra, as jy 'n gasheer of gasvrou wil wees, is dat jy jou huis beskikbaar stel waar mense saam kan kom om te kuier (dalk iets te drink ook aanbied).  Jy kan  jou naam net op die e-poslys plaas om die gespreksgids te ontvang. As gasheer en gasvrou wil ons jou vra om ook deur die loop van die week vir jou groep te bid.

Omgeegroepe help met die gasvryheid van ons gemeente waar hulle beurte kry om koffie/tee te skink na 'n erediens en bladjies by die deure uit te deel, soos wat hulle saam met die leraars die mense gasvry ontvang, sodat hulle ook kan voel dat hulle behoort by 'n gemeente wat omgee!

Omgeegroepe

Vind 'n dieper verbintenis

Word deel van een van NG Elarudpark se omgeegroepe waar Omgee 'n werklikheid word.

Kontak Ons

Kontak Danie Vermaak om meer oor omgeegroepe uit te vind.