Omgeegroepe
In ‘n wêreld waar jy voel alles verander voortdurend en dinge raak al meer onseker en elke dag het ekstra druk, wil ons jou graag begelei na God se hart van liefde en omgee vir elke mens. Daarom bied ons jou/julle die geleentheid om aan 'n groep te behoort wat saam met God, vir mekaar en die wêreld kan omgee. Wanneer ons aan 'n groep behoort, help dit ons nie net om te oorleef nie, maar ook om te floreer!

Hoe funksioneer 'n omgeegroep? Mense het verskillende behoeftes en daarom is daar verskillende groepe! Binne die groep deel mense hulle lewensstories met mekaar, luister na mekaar, lees die Bybel saam en bid vir mekaar om ook God se stem hoorbaar te maak.

Elke omgeegroep word begelei deur 'n gasheer of gasvrou. Al wat dit van jou vra is dat jy jou huis beskikbaar stel waar mense saam kan kom om te kuier. Omgeegroepe kom ook baie keer by die kerkgronde bymekaar. Omgeegroepe help ook met die gasvryheid van ons gemeente waar hulle beurte kry om koffie/tee te skink na 'n erediens en blaaitjies by die deure uit te deel, soos wat hulle saam met die leraars die mense gasvry ontvang.

Skakel in by ons omgeegroepe deur die volgende skakel te volg:
https://forms.gle/74Rg2WHow944YykZ8
Vrouebediening:
By NG Elarduspark skep ons unieke ruimtes vir vroue om saam te kom, nuwe vriendskappe te vorm, te groei in geloof en te dien in die gemeente en gemeenskap. Ons het deur die jaar verskillende samekomste, soos die vrouebiddag geleentheid, die vrouekamp en ander sosiale geleenthede. Ons het ook weekliks twee vrouegroepe wat bymekaarkom, verhoudings bou en saam Bybel lees. Vroue van die Woord kom op Dinsdag 6:45-8:00 bymekaar in die Artossaal en die ander vroue-omggeegroep kom in die stal op Woensdag om 9:15-10:30 bymekaar.  Enige iemand van enige ouderdom is welkom.
Kontak ds. Maartje vd Westhuizen vir meer inligting: 072 375 3965 of maartje.vdwesthuizen@gmail.com.
Mannebediening:
Die Manne van die Woord kom op Woensdae en/of Saterdae oggende van 5:45-6:30 in die Artossaal bymekaar.
Ons lees daardie oggend die teks in die Eenjaarbybel wat saamgestel is uit die Ou Testament, ‘n Psalm, wysheid uit Spreke en die Nuwe Testament (slegs ‘n gedeelte daarvan).  Daarna bespreek ons dit saam oor wat dit vir elkeen beteken en deel ons insigte met mekaar. Dit is hoe kerkwees moet gebeur, want hier groei ons geestelik, ondersteun mekaar, sing en bid saam.

“Woensdae oggende was altyd vir my so vroeg om op te staan, maar dit het nou die hoogtepunt van my week geword!” – Danie Vermaak.

Deur die loop van die jaar het ons ‘n sop-projek waar ons saam sop kook vir ‘Brood op die Water’, ‘n Mannekamp en ‘n Biddag vir Manne.

Kontak ds. Danie Vermaak vir meer inligting: 082 071 7640 of danie@ngelarduspark.org.za.

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.