Wie is Ignite:
Ons almal het die behoefte om aan iets te behoort. Ons behoort aan buurtwagte; sekere sosiale clubs en selfs geloofsgemeenskappe. Ignite is die bediening wat vir werkende jongmense (tussen 24 en 35) - wat getroud is, nog net uitgaan, opsoek is na daardie spesiale iemand en selfs vir jong gesinne, - ‘n plek gee om te behoort binne die geloofsgemeenskap van NG Elarduspark. Ignite is ‘n bediening waar mense in dieselfde lewensfase saam reis, ontdek, leer en die dinge van die lewe gewoon saam geniet.
Jy word uitgenooi om hier te behoort!

Scan die QR-kode hieronder om op die Ignite Whatsapp groep te kom. Ons belowe ons sal jou nie "spam" nie – dit is net om jou op hoogte te hou van wat volgende gaan gebeur:
Volgende event:
Die Ignite bediening nooi graag al ons jongwerkendes uit na ons eerste event vir die jaar: ‘n “Pairing & Sharing” aand 8 Februarie, - 18:00 vir 18:30 hier by die kerk (R100 p.p.).
Kontak ds. Christian vir meer inligting: 082 349 7317.
Klik hier om in te skryf: https://forms.gle/apU8g8xPy5doR41K6
Sien julle daar!

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.