NG Elarduspark Kinderbediening
Dit is vir ons ’n groot voorreg om die geleentheid te hê om deel te neem aan jou kind se geloofsreis.
Wat kan jy verwag by ons Kinderbediening?

Kinderkerk:
Ons program by die Kinderkerk is so saamgestel dat dit ook huisgeloof bevorder. Ons volg JEUGFOKUS se reeks, waar ons in ‘n siklus van 6 jaar deur die Bybel werk. Dieselfde tekste wat in die Kinderkerk behandel word, word ook in die erediens behandel. Ons wil alle ouers dus aanmoedig om met hulle kinders by die huis oor die teks te gesels.

GRAAD 1-6
Graad 1-6 kinders gaan saam met hulle ouers kerk toe vir die eerste 20 minute van die diens, sodat hulle leer om in die erediens welkom te voel en ook om die liturgiese momente van die kerk te leer ken. Dit is ook goed vir kinders se geloofsvorming om saam met verskillende generasies te aanbid.
Na die eerste 20 minute in die erediens, beweeg die kinders saam die groepleiers uit na die Artossaal waar hulle ’n boodskap op hulle ouderdomsvlak in ’n grootgroep ontvang.
Daarna verdeel die kinders vir die laaste 20 minute in kleingroepies (volgens grade) waar die boodskap vasgelê word en verhoudings gebou word.

PEUTERS (2.5 jaar – 4 jaar)
Peuters word direk na die Blousaal geneem en kan weer na die erediens by die lokaal opgetel word. Hulle gaan nie eers kerk toe nie. Hulle behandel ook dieselfde teks as die ouers in die erediens.
KLEUTERS (4-6 Jaar)
Kleuters word direk na die Kleuterkerklokale (regs voor die glasdeure by die koffiewinkelarea)  geneem en kan weer na die erediens by die lokaal opgetel word. Hulle gaan nie eers kerk toe nie. Hulle behandel ook dieselfde teks as die ouers in die erediens.
 
Huisgeloof-program:
Deur die loop van die jaar bied ons verkeie ouerskapsgeleenthede aan, om hande te vat met ons ouers in die kinders se geloofsvorming asook ons as ouers se geloofsreis saam met hulle kind(ers). Weekliks stuur ons ‘n klein stukkie huisgeloof deur vir ouers en kinders om deur te werk.

Kommunikasie:
Die kinderbediening kommunikeer deur middel van Whatsapp-groepe vir elke graad. Alle nodige inligting word dan ook hier gedeel.
 
Kontak ons: 
Kinderbedienings Koördineerder: Louinette Weyer
louinette@ngelarduspark.org.za | 060 988 7311
Kleuter- en Peuterkerk leier: Cherise Oberholzer
082 745 9910
Ouerskap en Huisgeloof: Maartje van der Westhuizen
maartje.vdwestuizen@gmail.com

Laai ons jaarkalender vir die Kinderbediening hieronder af:

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.