Verander Jeugbediening:
NG Elarduspark se Jeugbediening staan bekend as die Verander Jeugbediening. Op die naam sien jy ‘n kolletjie op die ‘e’. Dit is omdat ons hier 2 belangrike vrae vir mekaar vra: 1) wat moet in my verander sodat ek volgens die wil van die Here kan leef, en 2) hoe kan ek "vir-ander" iets van die liefde en genade van ons Here Jesus deel of ‘n voorbeeld van wees. Ons probeer hierdie 2 vrae te beantwoord deur om 5 waardes deel van alles te maak waarmee ons besig is: dissipelskap, verhoudings, diensbaarheid, mentorskap en geloofsgroei.
Ons kom elke Sondag tydens die skool kwartaal van 17:00-18:00 in die kerkruim bymekaar met al ons jeuggroepe wat direk na die diens van 18:00-19:00 plaasvind. Ons belydenisprogram (vir ons grd11’s) vind elke Sondag tydens die skool kwartaal van 18:00-19:30 plaas in die kapel.

Connect:
Ons studente kom elke Woensdagaand in die Herberg van 18:00-20:00 bymekaar, waar ons oor interessante gedagtes en temas gesels. Hier leef en glo ons saam. Ons doen ‘n klomp interessante goed saam, van kos maak tot wyn proe tot diep dink oor wat dit is wat God vir elkeen van ons beplan. Ons kom ook elke Sondag direk na die diens in die Herberg bymekaar van 18:00-19:00. Ons nooi jou uit om saam met ons te kom kuier hierdie jaar!

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.